Koronavirus

Koronavirus (Orthocoronavirinae)
Klassifikasie en eksterne bronne
Voorstelling van COVID-19 virioon
Voorstelling van COVID-19 virioon
ICD-10 U07.1
eMedicine viral/
Mediese waarskuwing

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Koronavirusse is 'n groep virusse wat siektes by soogdiere en voëls veroorsaak. By mense veroorsaak die virusse respiratoriese infeksies – insluitend gewone verkoue – wat gewoonlik lig is. Vorme van mediese belang is die Ernstige akute respiratoriese sindroom (EARS), Midde-Oosterse respiratoriese sindroom (MORS) en nuwe koronavirus wat die dodelike Koronavirussiekte-2019 veroorsaak en die Wuhan-koronavirus-uitbraak van 2019 tot 2022 meegebring het. By beeste en varke veroorsaak koronavirusse diarree. By hoenders veroorsaak dit 'n boonste respiratoriese siekte. Daar is geen entstowwe of antivirale middels wat goedgekeur is vir voorkoming of behandeling nie.

Koronavirusse is virusse in die subfamilie Orthocoronavirinae in die familie Coronaviridae, in die orde Nidovirales.[1][2]

Koronavirusse word beskryf as omhulde virusse met 'n positiewe sin, enkelstring, RNS-genoom en met 'n nukleokapsied van heliese simmetrie.

  • Positiewe sin beteken dat 'n spesifieke virale RNS-volgorde direk vertaal kan word in die gewenste virale proteïene. Daarom kan die virale RNS-genoom onmiddellik deur die gasheersel vertaal word.
  • Enkelstring beteken net die een helfte van die bekende dubbele heliksstruktuur van DNS.
  • nukleokapsied is die proteïenbedekking van 'n virus se kern.

Die genomiese grootte (die totale hoeveelheid DNS wat in een eksemplaar van 'n volledige genoom bestaan) van die koronavirus wissel van ongeveer 26 tot 32 kilobase, die grootste vir 'n RNS-virus.

Die term "koronavirus" is afgelei van die Latynse corona, wat "kroon" beteken en verwys na die kenmerkende voorkoms van die virusdeeltjies (virione): hulle het 'n rand wat aan 'n koninklike kroon of die son se korona herinner.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named groot
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ICTV

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search